< Back

Jy vra… Ons antwoord

Jy vul n booking vorm op ons website in waarna jy automaties n email sal kry met jou invoice. Die PARTY PASS van R2000 is die MOET kaartjie om deel van die jaar se Rush te kan wees. Die Party Pass is reeds in die Beach Cruizer en Beach Bum ingesluit.

Om jou plek vas te maak hoef jy vir nou net die non-refundable R1500 deposito te betaal. Sodra ons die betaling ontvang het sal jy in kennis gestel word dat jou plek vas gemaak is. Maak asb net dood seker van ons terms en conditions sowel as on refund policy voordat jy jou deposito betaal.

Jy is meer as welkom om nadat jy die non-refundable deposito betaal het, die res van jou kaartjie se uitstaande bedrag af te betaal soos dit jou pas. Ons verwag nie n minimum bedrag elke maand nie, solank jou kaartjie ten volle betaal is teen die 31ste Oktober 2024.

Nie net n bed nie maar ook n view to die for. Al die akkommodasie by die Student Rush Village is self-catering en die villas kan van 4-10 mense slaap. Indien jou groep te groot is vir een Villa sal ons julle net in 2 units direk lang mekaar allokeer.

Onelukkig kan jy nie n groep booking maak nie aangesien elke persoon sy eie invoice nr moet hê. So elke persoon moet sy/haar eie booking maak. Wat ons wel doen nader aan die tyd is ons stuur n vorm uit wat almal wat wil saambly moet invul, sodoende kan ons seker maak julle hele groep bly saam.

Daar is nie n ATM naby nie so bring cash saam, maar as jy uit geldjie hardloop omdat die tequila so goedkoop is kan jy geld transfer in ons rekening in, en ons gee dan die cash vir jou. Die restaurante/winkel aanvaar wel kaarte, maar dis Mozam so dit kan soms van lyn af wees. Jy hoef nie jou geld te ruil nie, want hulle gebruik Rande orals in Mozam.

Jy is veiliger as by jou eie huis met jou alarm stelsel en jou 3 Pitbulls. Jy hoef nie met toe deure te slaap nie en selfs deur die dag is valuables veilig in die villas.

Ons het 'n medic op die perseel wat gegear is vir enige noodgeval. As iets regtig sleg gebeur is daar 'n hospitaal, beter as die meeste SA hospitale, in die dorp waarheen ons jou sal neem en seker maak jy kry 'n Panado of 'n verband. In die laaste 11 jaar het ons nooit noodgevalle gehad nie, so jy kan gerus wees dat ons 'n baie veilige opset aan die gang het.

As jy regtig voel jy moet nou dadelik mamma se stem hoor, of jou social profile bietjie aan die brand steek kan jy n simkaart daar koop. Dis baie goedkoop en data is goedkoper as n shot tequila. Daar is van die restaurante met free WIFi maar n simkaart is nie n slegte opsie nie.

Ons stel voor die average spending is so R750 n dag wat dan kos en drinks insluit. Jy kan maar budget soos jy sal budget vir n vakansie in SA. Alles hang natuurlik af van hoe baie jy gaan eet en drink.

Student Rush 2024 sal plaasvind vanaf 4-10 Desember 2024. Die busse vertrek die aand van die 3de Desember 2024 vanaf Pretoria en kom weer terug die 10de Desember 2024 vanaf Guinjata Bay.

Ja daar is n paar restaurante sowel as n klein winkeltjie was al die items verkoop wat jy mag nodig kry.

Indien jy nie meer kan gaan nie moet ons in kennis gestel word en dan mag jy wel jou kaartjie aan iemand anders verkoop of die kaartjie vir n vriend gee. Die naam verandering moet wel deur ons gedoen word.

Jou kaartjie mag inderdaad skuif na n vriend of vriendin toe teen n admin fooi van R250. Dit moet net voor die 31st Oktober 2024 gebeur.

Ongelukkig is daar nie “one-day” passes beskikbaar nie, dus sal jy n volle Party Pass moet koop.

Alles is binne loop afstand van alles af. Maar die sand kan soms warm raak so asb maak seker jy bring meer as een stel plakkies.

Ons is in n land waar malaria n ding is. Die vraag of jy malaria pille moet drink of nie is jou keuse. Ons gaan al vir 12 jaar Mozam toe en drink glad nie pille nie. So as jy voel dit nodig kan jy dit vat. It is completely up to you.